Vir Alle Navrae Kontak: 015 295 9062 navrae@pietersburglaerskool.co.za

Pietersburg Laerskool Redenaars

Om ‘n bal ver te skop of binne in ‘n ring te gooi vereis nie baie dapperheid nie…. Maar om jou sê te sê voor baie mense of maats verg baie!! Dit is dapper kinders wat hul sê kan sê en ‘n gehoor te oortuig van sy standpunt. Dit is Redenaars!! Ons praat ‘n hond uit ‘n bos as ons eers begin.

Die skool bied elke kind vanaf gr 1 die geleentheid om aan ons redenaars deel te neem. Die temas word teen die einde van die jaar ontvang. Dit word deurgegee aan die ouers, sodat die vakansie benut kan word om voor te berei.Vroeg in die jaar word die inskrywings ontvang, en dan begin die uitdunne. Elke kind kry ‘n kans om aan ‘n kompetisie deel te neem as die toespraak reg is, en die kind dit ken.

Super 12 is die eerste kompetisie in Maart. Daarna is dit ATKV. Ons neem ook deel aan Oppie Tong Af en Radikale Redenaars. Super 12 vind in Pretoria plaas. Die res van die kompetisies is by die skool of aanlyn. Ons neem ook deel aan Spanredenaars. Dit is ‘n heerlike ondervinding vir die kinders. Daar is 4 lede in ‘n span, en elkeen het ‘n aparte argument. Tog praat hulle uit een mond. Sleg gr 7 Spanne kan aan Super 12 deelneem. Die res van die kompetisies skryf ons enige graad in vir ‘n span.

Moedig u kind aan om deel van hierdie wonderlike aktiwiteit by die skool te wees. Dit bou vir seker aan die selfvertroue en redeneer vermoë. U kind sal nie maklik met ‘n mond vol tande onkant betrap word nie…. Redenaars gee vlerke!!!

Addres

52 Voortrekker St
Polokwane Central
Polokwane
0700

Algemene Navrae

9 + 4 =