word bygewoon by Noordskool en Phalaborwa/Krugerpark. Super 12 is slegs vir A-spanne.Die spanne betrokke by liga-wedstryde is o/10, o/11, o/12 en o/13 spanne.
begin in die eerste kwartaal na afloop van die atletiek. Soveel as moontlik dogters per ouderdomsgroep word vir die eerste 4 tot 5 weke geakkommodeer om aan almal ‘n gelyke kans te gee om netbalvaardighede aan te leer en te ontwikkel. Daarna word daar afsonderlike proewe gehou en die beste 15 tot 16 dogters word gekies vir die A- en B-spanne.
By die jonger ouderdomsgroepe vind daar dan nogsteeds ontwikkeling plaas wat deur Mammas gedoen word.
‘n Netbalkliniek wat deur professionele dames aangebied word, is beplan vir die 4de kwartaal. Sodoende ontvang elke afrigter en haar span intensiewe aandag en afrigting.