Vir Alle Navrae Kontak: 015 295 9062 navrae@pietersburglaerskool.co.za

Pietersburg Laerskool Dissipline

Dissipline

Grense (dissipline) beteken vir elke mens: groot en klein:

  • Veiligheid / sekuriteit
  • Geborgenheid
  • Geluk en afwesigheid van konflik

KLIK HIER OM ON VOLE DISSIPLINE REELS EN REGULASIES AF TE LAAI

 

PROSEDURE VIR ROOIKAARTGEBRUIK.

  1. Elke registerpersoneelid verduidelik die prosedure aan die leerders op die eerste dag van skool. Die leerders teken dan die kode in hul huiswerkboeke.
  2. Elke klas gebruik ‘n rooikaartoekie.
  3. Skryf al die leerlinge in u klas alfabeties volgens klaslys in boek. Dit vergemaklik om die leerder se naam te kry. Daar moet van elke leerder rekord gehou word.
  4. Die klasleier dra hierdie boekie saam hulle terwyl hulle wissel. Aan die einde van die dag word die boek op die registeronderwyser se tafel geplaas voor hy/sy huistoe gaan.
  5. Elke personeellid wat ‘n probleem met ‘n leerling het, skryf ‘n inskrywing in die rooikaartboek. Die onderwyser wat ‘n inskrywing maak, moet onder sy/haar vakgebied ‘n A, B of C maak na gelang van die oortreding.
    A: Tuiswerk nie gedoen/voltooi nie.
    B: Leermateriaal/Skryfbehoeftes nie by die skool nie.
    C: Disspline
  6. Vlak 1 en 2 oortredings.
  7. Daar mag meer as een inskrywing per dag gemaak word. Datum word slegs een keer aangedui.
  8. Rooikaartboek word weekliks deur die registeronderwyser gekontroleer.
  9. Na 3 of meer inskrywings in hierdie boek trek die voogonderwyser ‘n rooi streep en skryf ‘n inskrywing in die huiswerkboek onder die rooikaarte.
  10. Daar mag slegs 1 rooikaart per dag gegee word. Maak nie saak of die leerder meer as 3 inskrywings het nie.
  11. Na die 5de rooikaartinskrywing in die huiswerkboekie, kontak die registeronderwyser die ouer.
  12. Na die 8ste, 12de en 15nde inskrywing word die boekie na die dissiplinêre hoof gestuur. Hy maak ‘n aantekening vir detensie op die rekenaar, skriftelike brief en verhoor.
  13. Aan die einde van die maand word boeke na die dissiplinêre hoof gestuur wat dit op die rekenaar inlees.
  14. Geen leerder mag ‘n aanduiding van rooikaarte aan personeel gee nie.
  15. Kanselleer van rooikaarte: Slegs die personeel wat die rooikaart geskryf het, die Departementshoof en die hoof mag ‘n rooikaart kanselleer. Teken daarby en skryf rede vir kansellasie.
  16. Naskool: In elke klas is daar ‘n geelboek vir die klas se oortredings. Naskoolkinders plak ‘n geel vorm agter in die huiswerkboekie. Die geelbriewe word slegs tydens naskool gebruik.
  17. Vlak 3 oortredings word direk aan die dissiplinêre hoof gerapporteer.
  18. Geen leerling mag in rooikaartboek skryf nie.

 

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS

Deel 1 Etiekkode
Ek verbind my plegtig tot die grondwet van die Republiek van Suid – Afrika, en ek onderneem om die reg en die regstelsel te respekteer, te onderhou en te bevorder.

Ek bevind my daartoe om:

  • Die waardes van die skool ten alle tye uit te leef;
  • Hierdie gedragskode en al die reels en regulasies van Pietersburg Laerskool getrou na te kom;
  • Hoë morele en etiese standaarde te handhaaf;
  • Daarna streef dat my optrede altyd verantwoordelik en ter bevordering van die skool se goeie naam sal wees;
  • My skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en toewyding te doen; en
  • Die hoflike en respek teenoor alle personeel, medeleerder en besoekers te betoon.

Ek onderwerp my aan enige dissplinêre maatreël indien ek sou versuim om enige bepaling of maatreël in die skool se gedragskode na te kom.

Addres

52 Voortrekker St
Polokwane Central
Polokwane
0700

Algemene Navrae

9 + 10 =