Atletiekinligting
Ons Interhuis Atletiek vind plaas op Dinsdag, 23 Januarie 2018. Maak asseblief seker dat u die inligtings briewe lees.
- Published in Uncategorized
Welkom terug!
Welkom aan al ons ouers en leerders aan die begin van die nuwe skooljaar. Ons glo dat u en u kind/ers goed uitgerus het en die jaar vol ywer gaan aanpak. Sterkte vir die nuwe tree wat u kind/ers vanjaar gee in hul skoolopleiding. Dankie vir u ondersteuning en positiewe gesindheid. Daarmee sal elkeen ‘n suksesvolle jaar beleef. Baie sterkte!
Kyk gerus na die foto’s wat geplaas is van ons personeel vir 2018.
- Published in Uncategorized
Prysuitdeling 2017
Die jaarlikse prysuitdeling het plaasgevind op Vrydag 1 Desember 2017.
Kyk gerus na die foto’s van presteerders wat geplaas is.

Aimee Wreyford – Dux-leerder vir 2017

Henry van Wyk – Atleet en Sportseun van die jaar

Marjone de Beer – Swemmer en Sportdogter van die jaar

Marilene van den Bergh – Senior skaakspeler van die jaar

Jason Hugo – Rugbyspeler van die jaar

Lohandi Schutte – Redenaar van die jaar

Stephane Schoeman – Netbalspeelster van die jaar

Dewan Gobey – Seuns hokkiespeler van die jaar

Leila Holtzhausen – Dogters hokkiespeler van die jaar

Karla van den Bergh – Dogters tennisspeler van die jaar

Mnr. Bredenkamp saam met Aimee Wreyford – Dux-leerder vir 2017 asook uittredende hoofdogter van 2017
- Published in Uncategorized
Revue 2017: ‘n Groot sukses
Ons wil ons dank uitspreek aan elke leerder, ouer en onderwyser/es vir die harde werk en opoffering tydens ons revue.
Dit was ‘n groot sukses!
Kyk gerus na die foto’s wat geplaas is.
- Published in Uncategorized
Sportprestasies buite skoolverband
- Published in Uncategorized
Graad R-inligting
- Published in Uncategorized
SKAAKTOERNOOI: 21 OKTOBER 2017
‘n Aantal leerders van ons skool het Saterdag, 21 Okt. 2017 aan ‘n provinsiale skaak toernooi deelgeneem. Daar was ± 230 spelers.
By die o/10 afdeling wat in twee afdelings beslis is, kry Keagan Taylor ‘n 6de plek en Lourens Swanepoel ‘n 8ste plek. In die ander afdeling verower Ronel Brits ‘n goue medalje, sy was 1ste; Miné van der Veen kry ‘n brons medalje; Miané Joubert kry 8ste plek.
By die o/12 afdeling behaal Shaun Becker 4de plek
By die o/14 afdeling behaal Marilene van der Bergh ‘n 2de plek plus medalje
Die ander spelers het ook goed gevaar en goeie uislae behaal. Mooi so!!
Hulle het net-net die top 10 gemis!!
- Published in Uncategorized
Engels Eisteddfod presteerders
Baie geluk met pragtige prestasies!!
Gr. 1 – Formal Poetry: Chanté Cronjé (85%), Carla Brits (90%), De Wet Wilken (80%), Hendrik Erasmus
(82%).
Gr. 2 – Formal Poetry: Lee-Ann Visser (80%), Anja Smit (90%).
Dramatised Poetry: Clarise Coulson (90%) – Tweede in groep.
Gr. 3 – Formal Poetry: Li-Mei Wessels (95%) – “Speaker of the day” en Ruan Booysen (95%) – Tweede
in groep.
Dramatised Poetry: Keziah Zanna (93%).
Gr. 4 – Formal Free Choice Poetry: Alexandra Kotzé (84%), Raymond Maidment (80%).
Dramatised Poetry: Carli Enslin (82%), Brenden Brittion (85%).
Gr. 5 – Formal Poetry: Zané Kruger (90%),
Mime: Zané Kruger (85%).
Gr. 7 – Formal Poetry: Heidi van Aarde (80%), Amber Hoon : 80%
Ons is baie trots op elkeen van julle!
- Published in Uncategorized
Radikale redenaars presteer
Die volgende leerders het die afgelope naweek aan die tweede uitdunrondte van die Radikale Redenaars deelgeneem:
Gr. 3 – Li-Mei Wessels
Gr. 4 – Lohandie Schutte
Gr. 5 – Tiane van Wyk
Gr. 6 – Justin Basson
Gr. 7 – Amber Hoon
Gr. 6-span: Justin Basson, Larochelle Evert, Nicole Fick, Elcke Coulson.
Gr. 7-span: Chandre Faul, Denita Botha, Aimee Wreyford, Werner Swartz.
Baie geluk aan die volgende deelnemers wat deurgedring het vir Nasionale deelname op 14 Oktober 2017 by Garsfontein Hoërskool in Pretoria: Lohandie Schutte (2de plek) en die gr. 7-span (Limpopo wenners).
Ons is trots op julle !!
- Published in Uncategorized