Pietersburg Laerskool Sport
Hokkie
Oefentye: Noorderland se velde:
1ste Span Seuns: Ma & Wo: 14:00 – 15:30
1ste Span Dogters: Ma, Di & Do: 16:15 – 17:15
2de Span Dogters: Ma, di & Do: 16:15 – 17:15
3de Span Dogters: Ma, Di & Do: 16:15 – 17:15
O/11A& B Dogters: Ma & Di: 15:30 – 17:00
Ons sal u op hoogte hou as die tye sou verander!
Rugby
Atletiek

P1-Atletiek 2017
Netbal
Senior Netbal:
2 Netbal- en Rugbydae
word bygewoon by Noordskool en Phalaborwa/Krugerpark. Super 12 is slegs vir A-spanne.Die spanne betrokke by liga-wedstryde is o/10, o/11, o/12 en o/13 spanne.
Netbaloefening
begin in die eerste kwartaal na afloop van die atletiek. Soveel as moontlik dogters per ouderdomsgroep word vir die eerste 4 tot 5 weke geakkommodeer om aan almal ‘n gelyke kans te gee om netbalvaardighede aan te leer en te ontwikkel. Daarna word daar afsonderlike proewe gehou en die beste 15 tot 16 dogters word gekies vir die A- en B-spanne.
By die jonger ouderdomsgroepe vind daar dan nogsteeds ontwikkeling plaas wat deur Mammas gedoen word.
Netbaltoere is slegs die 1ste – en 2de – netbalspanne se voorreg.
‘n Netbalkliniek wat deur professionele dames aangebied word, is beplan vir die 4de kwartaal. Sodoende ontvang elke afrigter en haar span intensiewe aandag en afrigting.
Mini-Netbal:
6 Mini-Netbaltoernooie word bygewoon: Akademie Reformia, Oosskool/Suidskool, Marble Hall, Tzaneen, Nylstroom/Duiwelskloof, Krugerpark
Spanne betrokke is o/6 tot o/9.
Toernooie is slegs vriendskaplik en geen tellings mag gehou word nie. Die doel is om liefde te kweek vir die sport met die oog op ontwikkeling. Dogtertjies moet die sport ten alle tye geniet.
Ons maak ook gebruik van Mammas wat bereid is om te help met afrigting.
Die volgende Mammas is betrokke:
Nadia Kotze (o.6-span) en Adel Jacobs (o/8-span)
Oefentye:
Maandae en Woensdae – 13:30 tot 15:00
o/6, o/7, o/8
Dinsdae en Donderdae – 13:30 tot 16:00
o/9, o/10, o/11, o/12 en o/13
Tennis
Ons skool beskik oor ‘n tennisafrigter wat al vir 10 jaar tennis afrig. Sarel van Rooyen was as skoolseun ‘n kranige tennisspeler en het provinsiale tennis gespeel tydens se laerskooljare aan PLS. As hoërskoolseun by Waterkloof, het hy steeds sy tennisvaardighede opgebou en aan verskeie toernooie deelgeneem.
Vandag is hy ons skool se afrigter. Leerders kan tydens skoolure gedurende hul sportperiode by hom afrigting kry teen ‘n minimale bedrag.
Maak gerus gebruik van hierdie geleentheid om jou tennisvaardighede te bevorder!
Jukskei
Krieket
krieketseisoen
was heel moontlik een van die suksesvolste wat PLS in baie jare beleef het. Dit het begin met ‘n toer na Jubaweni in die Junie/Julie-vakansie deur die o/10-, o/11- en 1ste-spanne. Op al drie toere was daar gemengde welslae gewees.
Die o/10-, o/11-, 2de- en 1ste-spanne het al vier in die semi-finale van Limpopo gespeel. Al vier die spanne het hul onderskeie semi-finale gewen en het in die Limpopo finaal gespeel. Die o/10- en o/11-spanne het as Limpopo-wenners uit die stryd getree.
Twee van ons o/11-spelers het Limpopo verteenwoordig by die Noordelike Provinsies Krieket Toernooi wat in Desember 2015 gehou was.
Ouers betrokke by afrigting:
Dave Retief – o/9
Chris de Klerk – o/11 en 1ste spanne
Martin Gobey – o/11 Jaco Pallas – 2de-span
Oefentye sal aan die begin van die seisoen beskikbaar wees.
Die liga begin in die derde kwartaal.
Landloop
Belangrike landloopinligting:
22 April League 1 Waterberg, Settlers Agricultural HS
13 May League 2 Capricorn, Tom Naude HS
27 May League 3 Capricorn, Moletji A C (Aganang)
10 June Inter Provincial, TBA
29 July League 4 Mopani, Stanford Lake College
5 August LIMA Champs Waterberg, Hans Strijdom HS
9 September SA Champs, TBA
Oefeninge begin amptelik met die aanbreek van die tweede kwartaal, meer inligting volg op ń latere stadium.
Swem
Twee van PLS se swemmers het in 2015 die Limpopo Skolespan gehaal. Kyle Bridger en Marjone de Beer het Limpopo verteenwoordig by die 2015 SA Skole Swemkampioenskappe in Pretoria en het albei baie goed gevaar.
Die swemmers het in 2016 al aan heelwat gala’s deelgeneem wat deur swemklubs in Limpopo aangebied is. Drie swemmers, nl. Kyle Bridger, A.J. Jordaan en Marjone de Beer het vir die Swem SA Level 2-Kampioenskappe gekwalifiseer. Al drie hierdie swemmers het in die Maart-vakansie aan hierdie kampioenskappe in Johannesburg gaan deelneem en baie goed gevaar.
Swemmers oefen by swemklubs in Polokwane en ontvang alle inligting vanaf die klubs.
Kontak gerus die klubs vir verdere inligting.