Skaak eindig derde in provinsie
Baie geluk aan ons skaakspanne wat verlede Saterdag aan die provinsiale liga-finaal deelgeneem het. Die o/9-span het tweede geeindig en die o/11-span derde.
Ons spelers het in die algehele derde plek geeindig en daarmee die bronsmedalje gewen. Baie geluk aan al die spelers en afrigters.
Ons is baie trots op julle!