Werk en Wen
Werk en Wen
Werk en Wen

Pietersburg Laerskool Krieket

 

krieketseisoen

was heel moontlik een van die suksesvolste wat PLS in baie jare beleef het. Dit het begin met ‘n toer na Jubaweni in die Junie/Julie-vakansie deur die o/10-, o/11- en 1ste-spanne. Op al drie toere was daar gemengde welslae gewees.

Die o/10-, o/11-, 2de- en 1ste-spanne het al vier in die semi-finale van Limpopo gespeel. Al vier die spanne het hul onderskeie semi-finale gewen en het in die Limpopo finaal gespeel. Die o/10- en o/11-spanne het as Limpopo-wenners uit die stryd getree.

Twee van ons o/11-spelers het Limpopo verteenwoordig by die Noordelike Provinsies Krieket Toernooi wat in Desember 2015 gehou was.

Ouers betrokke by afrigting:

Dave Retief – o/9
Chris de Klerk – o/11 en 1ste spanne
Martin Gobey – o/11 Jaco Pallas – 2de-span

Oefentye sal aan die begin van die seisoen beskikbaar wees.

Die liga begin in die derde kwartaal.

TOP