Pietersburg Laerskool Ouerbetrokkenheid


Die ‘School Communicator’ is ‘n gebruikersvriendelike hulpmiddel om ‘n ouer ingelig te hou oor gebeure en belangrike sake in verband met  u kind se skool.

Dit kan gratis afgelaai word op u persoonlike rekenaar of telefoon van die ‘play store’ of ‘app store’ of deur die volgende stappe te volg:
1. Gaan in op Google en tik in: d6 School Communicator download.
2. Kies Pietersburg Laerskool op die lys (LW! Nie Laerskool Pietersburg nie).
3. Klik op ‘Windows’ of ‘Mac” of die soort foon of tablet waarop u dit wil aflaai.
4. Klik op ‘Download’ en wag dat dit klaar aflaai.

 

U sal nou alle kennisgewings en inligting hierop ontvang!

Ouerbetrokkenheid

TOP