Welkom By Pietersburg Laerskool

Elke kind 'n gelukkige en suksesvolle kind wat binne 'n gelukkige skoolgemeenskap in die vrese van God-Drie-Enig onderrig en opgevoed word.

Vriendelike Boodskap Vanaf Ons Hoof

“Dit is nie wat ons elke nou en dan doen wat ons lewens vorm nie,maar dit wat ons konsekwent doen”- Anthony Robbins

Pietersburg Laerskool is trots Afrikaans en ons waardes is sterk Bybels gefundeerd. Ons lewer wêreldklas onderrig en leer. Dis wie ons is – elke dag.

By Pietersburg Laerskool vind daar ‘n suksesvolle samesmelting plaas van gevestigde leer- en onderrigmetodiek en pedagogiek uit die 80’s, met nuwe 21ste eeuse innoverings, wêreldbeskouings en startegieë, sonder om ons kernwaardes prys te gee. Oordeelkundig lewer ons ‘n holistiese opvoeding vir ons gemeenskap.

Elke personeellid glo elke kind verdien ‘n geleentheid ongeag herkoms of finansiële vermoë.
In 2021 is ons Tema – KLIMAAT VAN VERANDERING In 2021 koester en verwelkom ons die veranderings in ons samelewing op vele terreine. Elke maand fokus ons op ‘n Bybelse beginsel wat krities is tot suksesvolle bestuur van verandering.

kultuur

sport1

Ons Trotse Borge By Pietersburg Laerskool

TOP